Ek het nog nooit geblog nie en toe ons aangesĂȘ is om ‘n blog te skep was ek vreesbevange! Dit was iets vreemd vir my omdat
ek geen ervaring van blogging gehad het nie. Ek het die feit gehaat dat die blog
in Afrikaans geskep moet word, dat ons op grammatika en spelling gemerk gaan
word, en om alles te kroon, sal my foute vertoon word vir almal om te sien! Ons
het nie regtig 'n keuse gehad nie so ek moes iewers begin .... Dit was baie
ingewikkeld om my profiel te skep omdat
alles tema verbandhoudend moes wees. Wanneer my profiel geskep was, het ek meer
gerus gevoel en ook ‘n bietjie opgewonde om my nuwe profiel te sien wanneer ek
inteken.
Ek het gesukkel om my eerste blog te plaas en het dit aanhou
uitstel tot die laaste minuut. Dit het my ongeveer 3 uur gevat om my eerste
blog te voltooi en wat 'n verligting! Later,het ek gewoond geraak aan die hele proses en het meer
gemaklik gevoel om dit te doen.
Hierdie was ‘n goeie ervaring vir my omdat ek baie
geleer het. Ek sal graag lyk om in die toekoms weer te blog en om dit as ‘n
stokperdjie aan te neem.