Tuesday, 1 October 2013

Iets nuut...



Ek het nog nooit geblog nie en toe ons aangesê is om ‘n  blog te skep was ek  vreesbevange! Dit was iets vreemd vir my omdat ek geen ervaring van blogging gehad het nie. Ek het die feit gehaat dat die blog in Afrikaans geskep moet word, dat ons op grammatika en spelling gemerk gaan word, en om alles te kroon, sal my foute vertoon word vir almal om te sien! Ons het nie regtig 'n keuse gehad nie so ek moes iewers begin .... Dit was baie ingewikkeld om my profiel  te skep omdat alles tema verbandhoudend moes wees. Wanneer my profiel geskep was, het ek meer gerus gevoel en ook ‘n bietjie opgewonde om my nuwe profiel te sien wanneer ek inteken.

Ek het gesukkel om my eerste blog te plaas en het dit aanhou uitstel tot die laaste minuut. Dit het my ongeveer 3 uur gevat om my eerste blog te voltooi en wat 'n verligting! Later,het ek  gewoond geraak aan die hele proses en het meer gemaklik gevoel om dit te doen.
Hierdie was ‘n goeie ervaring vir my omdat ek baie geleer het. Ek sal graag lyk om in die toekoms weer te blog en om dit as ‘n stokperdjie aan te neem.

 

 


 

 

 

 

 

 

 

2 comments:

  1. Dis 'n baie lekker stokperdjie. Jy moet dit beslis oorweeg.

    ReplyDelete
  2. Ek is baie bly dat jy iets uit die proses kon leer. Jy het jou goed van jou taak gekwyt en ek het uitgesien daarna om jou pos te lees! Lekker eksamen skryf!

    ReplyDelete