Thursday, 26 September 2013

Voor die sang.


Musiek is iets wonderlik. Een lied het die vermoë om die atmosfeer te verander en ook  die buie van mense. Dis  altyd lekker om na musiek wat op ‘n cd speel te luister omdat  dit beter klink en die lied uitgevoer  word in uitnemendheid, maar  wat ons nie sien of  hoor nie,  is die tyd, oefeninge en voorbereiding  wat gedoen moet word voordat jy ‘n lied begin sing.

Vandag gee ek vir jou die basiese stappe wat gevolg moet word voordat jy ‘n lied uitvoer.

Stap 1: Liggaamshouding

Jy moet seker maak dat jy regop staan en dat jou voete plat op die grond geplaas word. Dit verseker dat  die lug van jou longe meer maklik uit beweeg.

Stap 2: Haal diep asem.

Dis baie belangrik dat jy diep asems vat terwyl jy sing omdat die klank dan van jou diafragma kom en sal verseker dat die klank beter klink.

Stap 3: Beweeg jou kakebene.

Jy moet jou kakebene beweeg sodat daar geen spanning rondom jou mond is nie. Dis altyd goed om wye bewegings met jou mond te maak. Die volgende is ‘n goeie sin om te sê wanneer jy hierdie oefening doen: “Micky, micky, micky, micky, micky, micky mouse”.  Wanneer jy hierdie sin sê, moet jy jou mond wyd oopmaak en elke klank uitdruk.

Stap 4: Hou jou keel warm.

Dit is baie belangrik dat jou stembande warm is omdat die klank beter sal uitkom. Jy kan jou stembande warm hou deur warme tee te drink en om ‘n serp rondom jou nek te draai.

Stap 5: Oefen

Wanneer jy al hierdie dinge gedoen het, kan jy nou die lied begin oefen.

 

2 comments:

  1. Enkele opmerkings:

    1. uitbeweeg - een woord
    2. warme tee - warm tee

    ReplyDelete
  2. Ek weet nie veel oor sing nie, maar dis baie goeie raad. 'n mens moet altyd voorberei.

    ReplyDelete