Wednesday, 18 September 2013

Uit my gemaksone


 

“Is ek gereed? Sal ek goed genoeg wees? Sal dit ‘n sukses wees…” – negatiewe gedagtes, waar kom jy vandaan!

Die een oomblik was ek net ‘n gewone ou banksitter in ‘n nuwe kerk en die volgende oomblik was ek gesê om met die organisering van die jeug konsert te help en ook deel te neem! (praat van gegooi word in die diepkant) Beligting, versierings, agtergrond, rook masjien ,opening, lied keuse en meer! Al hierdie dinge op hierdie klein mens afgelaai! –“hard work pays off” het hulle gesê.

Ek het nooit ‘n dag in my lewe voor mense gedans nie, maar in hierdie konsert, met soveel musiek en so min dansers, was ek ongelukkig sonder keuse. Ek moes praktyke bywoon tot ek elke dans beweging volmaak het en elke lied ken.   

Musiek was altyd ‘n groot deel van my lewe en ek het dit altyd maklik gevind om alleen saam te sing maar in hierdie konsert het ek besef hoeveel meer moeilik dit word as jy in ‘n groep moes sing voor honderde mense en die druk wat daarmee kom. Musiek speel beslis ‘n groot rol in vermaak – dink net hoe ‘n konsert sonder musiek sou wees…magteloos!

Op die verhoging het ek soos ‘n superster gevoel, al die aandag was op ons. Die toneel was ongelooflik! Die musiek, die rook van die rook masjien en al die ligte wat my amper blind gemaak het, het die mense laat op en af spring en dans soos in internasionale konserte. Dit  het my laat besef hoe kragtag musiek  regtig is. Ek kan my nie indink hoe die aand beter kon geëindig het nie.

 “Hard work pays off” het hulle gesê...

 

 

 

 

 

 

 

1 comment:

  1. Enkele opmerkings:

    1. was ek gesê - is ek aangesê
    2. praktyke - oefeninge
    3. meer moeilik - moeilik
    4. verhoging - verhoog
    5. kragtag - kragtig

    ReplyDelete