Wednesday, 4 September 2013

Musiek, my Strelende Melodie...


Musiek is my Strelende Melodie... Dit verband met elke emosie: wanneer ek gelukkig voel kan ek na evangelie rock musiek luister, wanneer ek ongelukkig voel, luister ek na liefdesliedjies of aanbidding musiek, daar sal altyd ‘n lied vir elke gevoel wees. Musiek is soos my eerste liefde: ons hart sing een melodie...die stem van ‘n engel..my strelende melodie wag…


In my stil tye kuier hy by my, enige lied wat ek wil hoor sal hy vir my sing. My gunstelling is aanbidding, elke lied is soos ‘n nuwe geskenk. Ek sing soms saam met hom,woorde wat van my hart af kom, waar ek myself in die ewige lied verloor. Wanneer ek na sekulêre musiek luister, roep my hart uit vir meer as net ‘n lied, daarom kies ek aanbiddings musiek omdat dit elke nietig in my vul.

 
Ek hou daarvan om saam met die musiek te sing omdat dit my laat voel soos ek in ‘n ander wêreld druif, asof alles rondom my verdwyn, dis net ek en my strelende melodie…stilte, kalmte, vreugde. My lied word soms so persoonlik voel dit soos my siel sing en nie my vlees nie, soos die woorde uit my hart geskep word. Dis meer as net ‘n lied, elke woord sing ek met volle passie en geloof omdat ek glo mens kan wêrelds skep en breek deur ons woorde. Aanbidding is my lewe, om te lewe is te aanbid.

2 comments:

  1. Ek stem saam, ek hou van musiek met passie en dit moet iets goed vir my beteken. Ek sou graag eenday hoor hoe sing jy :)

    ReplyDelete
  2. :-)

    Enkele opmerkings:

    1. verband - hou verband
    2. gunsteling - net een l
    3. nietig - ? ander woord
    4. druif - dryf
    5. persoonlik voel dit - persoonlik dat dit voel asof my...

    ReplyDelete