Tuesday, 1 October 2013

Iets nuut...



Ek het nog nooit geblog nie en toe ons aangesê is om ‘n  blog te skep was ek  vreesbevange! Dit was iets vreemd vir my omdat ek geen ervaring van blogging gehad het nie. Ek het die feit gehaat dat die blog in Afrikaans geskep moet word, dat ons op grammatika en spelling gemerk gaan word, en om alles te kroon, sal my foute vertoon word vir almal om te sien! Ons het nie regtig 'n keuse gehad nie so ek moes iewers begin .... Dit was baie ingewikkeld om my profiel  te skep omdat alles tema verbandhoudend moes wees. Wanneer my profiel geskep was, het ek meer gerus gevoel en ook ‘n bietjie opgewonde om my nuwe profiel te sien wanneer ek inteken.

Ek het gesukkel om my eerste blog te plaas en het dit aanhou uitstel tot die laaste minuut. Dit het my ongeveer 3 uur gevat om my eerste blog te voltooi en wat 'n verligting! Later,het ek  gewoond geraak aan die hele proses en het meer gemaklik gevoel om dit te doen.
Hierdie was ‘n goeie ervaring vir my omdat ek baie geleer het. Ek sal graag lyk om in die toekoms weer te blog en om dit as ‘n stokperdjie aan te neem.

 

 


 

 

 

 

 

 

 

Thursday, 26 September 2013

Voor die sang.


Musiek is iets wonderlik. Een lied het die vermoë om die atmosfeer te verander en ook  die buie van mense. Dis  altyd lekker om na musiek wat op ‘n cd speel te luister omdat  dit beter klink en die lied uitgevoer  word in uitnemendheid, maar  wat ons nie sien of  hoor nie,  is die tyd, oefeninge en voorbereiding  wat gedoen moet word voordat jy ‘n lied begin sing.

Vandag gee ek vir jou die basiese stappe wat gevolg moet word voordat jy ‘n lied uitvoer.

Stap 1: Liggaamshouding

Jy moet seker maak dat jy regop staan en dat jou voete plat op die grond geplaas word. Dit verseker dat  die lug van jou longe meer maklik uit beweeg.

Stap 2: Haal diep asem.

Dis baie belangrik dat jy diep asems vat terwyl jy sing omdat die klank dan van jou diafragma kom en sal verseker dat die klank beter klink.

Stap 3: Beweeg jou kakebene.

Jy moet jou kakebene beweeg sodat daar geen spanning rondom jou mond is nie. Dis altyd goed om wye bewegings met jou mond te maak. Die volgende is ‘n goeie sin om te sê wanneer jy hierdie oefening doen: “Micky, micky, micky, micky, micky, micky mouse”.  Wanneer jy hierdie sin sê, moet jy jou mond wyd oopmaak en elke klank uitdruk.

Stap 4: Hou jou keel warm.

Dit is baie belangrik dat jou stembande warm is omdat die klank beter sal uitkom. Jy kan jou stembande warm hou deur warme tee te drink en om ‘n serp rondom jou nek te draai.

Stap 5: Oefen

Wanneer jy al hierdie dinge gedoen het, kan jy nou die lied begin oefen.

 

Wednesday, 18 September 2013

Uit my gemaksone


 

“Is ek gereed? Sal ek goed genoeg wees? Sal dit ‘n sukses wees…” – negatiewe gedagtes, waar kom jy vandaan!

Die een oomblik was ek net ‘n gewone ou banksitter in ‘n nuwe kerk en die volgende oomblik was ek gesê om met die organisering van die jeug konsert te help en ook deel te neem! (praat van gegooi word in die diepkant) Beligting, versierings, agtergrond, rook masjien ,opening, lied keuse en meer! Al hierdie dinge op hierdie klein mens afgelaai! –“hard work pays off” het hulle gesê.

Ek het nooit ‘n dag in my lewe voor mense gedans nie, maar in hierdie konsert, met soveel musiek en so min dansers, was ek ongelukkig sonder keuse. Ek moes praktyke bywoon tot ek elke dans beweging volmaak het en elke lied ken.   

Musiek was altyd ‘n groot deel van my lewe en ek het dit altyd maklik gevind om alleen saam te sing maar in hierdie konsert het ek besef hoeveel meer moeilik dit word as jy in ‘n groep moes sing voor honderde mense en die druk wat daarmee kom. Musiek speel beslis ‘n groot rol in vermaak – dink net hoe ‘n konsert sonder musiek sou wees…magteloos!

Op die verhoging het ek soos ‘n superster gevoel, al die aandag was op ons. Die toneel was ongelooflik! Die musiek, die rook van die rook masjien en al die ligte wat my amper blind gemaak het, het die mense laat op en af spring en dans soos in internasionale konserte. Dit  het my laat besef hoe kragtag musiek  regtig is. Ek kan my nie indink hoe die aand beter kon geëindig het nie.

 “Hard work pays off” het hulle gesê...

 

 

 

 

 

 

 

Wednesday, 4 September 2013

Musiek, my Strelende Melodie...


Musiek is my Strelende Melodie... Dit verband met elke emosie: wanneer ek gelukkig voel kan ek na evangelie rock musiek luister, wanneer ek ongelukkig voel, luister ek na liefdesliedjies of aanbidding musiek, daar sal altyd ‘n lied vir elke gevoel wees. Musiek is soos my eerste liefde: ons hart sing een melodie...die stem van ‘n engel..my strelende melodie wag…


In my stil tye kuier hy by my, enige lied wat ek wil hoor sal hy vir my sing. My gunstelling is aanbidding, elke lied is soos ‘n nuwe geskenk. Ek sing soms saam met hom,woorde wat van my hart af kom, waar ek myself in die ewige lied verloor. Wanneer ek na sekulêre musiek luister, roep my hart uit vir meer as net ‘n lied, daarom kies ek aanbiddings musiek omdat dit elke nietig in my vul.

 
Ek hou daarvan om saam met die musiek te sing omdat dit my laat voel soos ek in ‘n ander wêreld druif, asof alles rondom my verdwyn, dis net ek en my strelende melodie…stilte, kalmte, vreugde. My lied word soms so persoonlik voel dit soos my siel sing en nie my vlees nie, soos die woorde uit my hart geskep word. Dis meer as net ‘n lied, elke woord sing ek met volle passie en geloof omdat ek glo mens kan wêrelds skep en breek deur ons woorde. Aanbidding is my lewe, om te lewe is te aanbid.

Wednesday, 28 August 2013

Die ware Ek...


My naam is Raymondi Haskins en ek is 20 jaar oud. Vir die afgelope tien jaar, is ek woonagtig in Steenberg, en is die oudste van drie susters en een broer. Ek hou daarvan om na musiek te luister, sing, skilder, en teken.  

 “The Shack” geskryf deur William Paul Young is my gunstelling boek. As kind, was ek blootgestel aan musiek en het dan so my passie vir musiek ontwikkel. Kari Jobe, Henry Seeley, Darlene Zsech en Israel Houghton is paar van my gunstelling sangers omdat hulle uniek en verskil van ander musikante. Musiek is my toevlug van die lewe. Ek hou baie van die geluid van ‘n klavier en wil graag leer hoë om hierdie instrument te speel. Een van my grootste mylpale is dat ek matriek met ‘n vrystelling geslaag het. My grootste inspirasie is my pa omdat hy my altyd ondersteun en my bemoedig om my drome te volg.